





Thank you to everyone for joining us on our special day.
- Getting the bride ready -
The " I Do's "
Nemo, you are like a big sister to me and I have so much love for you. Liepies, big love for you my friend and thank you for all the RS coins from winning the bets we’ve made.
If I have to compare Nemo to an element it will be water. She can take infinite shapes and forms to nourish a relationship.
Nemo is graceful, soft and strong. She will overcome whatever is rigid and hard, her depth is deap. She can uphold your ship
She can purify anything with a bit of heat added, when water is trapped it makes a new path. Nemo will always in some form find a way to you, to nourish and uphold you.
Thank you Nemo for being my element of water. Refreshing, calming, nourishing and fiercely strong. Liefde vir jou my Vissie
Hi my friends! Just want to say a huge congratulations to the new Mr and Mrs! I am so proud of you guys and so excited for this new time in your lives together. Nemo, I know you are the absolutely, most beautiful bride! I so would love to be celebrating with you all! Soon! So have a lekker doppie en a choppie for me, and tear up the dance floor like I know you will! Love you both to bits, and i will see you soon!
En hier kom die deel waar ek miskien gaan emotioneel raak en nou begin my speech se tyd eers! Ek weet ons is op n strict timeline Dit is nogal moeilik wanneer Nomedine vir jou se hou dit short and sweet. Want dit is alles behalwe wat my haar en Liepies se vriendskap is. Dit is definitief nie al kort aan die gang nie, en hul was definitief nie net saam my deur al die sweet dele nie. Wanneer ek van Nemo praat dan praat ek van Liepies, en as ek praat van Liepies praat ek van Nemo. Dit is moeilik om die twee van mekaar af te skei met enige storie wat jy aan kan dink om te vertel.
En dit is wat die twee so perfek maak vir mekaar! Ek sal wel bietjie props steel hier dat ek die aand wat ek vir Nemo aan Liepies voorgestel het, vir haar gese het die ou is perfek vir haar. Al het dit haar nog 8 maande daarna gevat om die arme ou siel n kans te gee! Liepies dra nie sommer meer n wit hemp om my nie, want meenigde aande in danskraal het dronk verdriet oor gevat en dan was daardie wit hemp nie meer drabaar nie, maar n stywe drukkie en n wie moer ek was altyd reg, maak nie saak die kleur van die hemp en hoe dik my makeup geplak was nie. Sommiges van die hier weet ek noem soms vir Nemo n Chihuahuatjie. Die rede is soos volg. En Nemo, jy gaan bitter vinnig agter kom watse storie ek nou gaan vertel, maar ek belowe ek het dit PG13 gemaak. Een aand is ek en Nemo lekker hard aan die kuier. Sy is besig om met n vreemdeling te gesels een kant en nie ver weg nie is ek besig om met die vriende te kuier. Eweskielik gebeur iets agter Nemo en ek gil vir haar om daar weg te kom. Die meneer wat die bohaai agter agter haar veroorsaak het was toe glad nie gelukkig met my nie. Mense, as ek vir julle se die man was n hemelbesem, dan kan julle maar glo dat Liepies kort is. Hy begin my te vloek en te skel en ek het dit, ek belowe ek het dit gehad. Eweskielik van my regter kant af kom my kortgat vriendin en begin die twee verdieping lange man op sy plek te sit, en nie hoe nie! Dit was die dag wat Nemo my Chihuahuatjie geword het, wat skrik vir niks en ek moes maar altyd die leash vas trek wanneer die Chihuahuatjie gedink het sy is n Rottweiler. Vir twee beter vriende, nee skies, Vir n beter broer en sister kon ek nie vra nie. Hui vriendskap met my is n goeie voorbeeld vir hoekom die twee soos twee puzzle stukkies perfek pas.
Wanneer jy iemand nodig het om rede te praat en tot by n konklusie te kom is Stefan jou man. Wanneer jy n skouer nodig om op te huil is Nemo jou girl. MAAR jy kan dit omdraai ook. Wanneer jy net n stuiwe drukkie kort want dinge is net n klein bietjie te moeilik, EN jy soek jou rug geknak, is die gentle giant jou meneer. En wanneer iemand jou seer gemaak het en n harde klap is in orde dan is die klein Chihuahuatjie jou Rottweiler om te bel. As die aangenome kind in die van Tonder huis kon ek die good bad and ugly sien van die verhouding. En dit bring my soveel vreugde om te kon aanskou hoe ju lie deur soveel moeilike tye net nader en nader aan mekaar gekom het en mekaar so verskriklik ondersteun het. Absoluut niks is te moeilik vir die twee om saam aan te pak nie, nie eens ek as nvriendin nie! Jakoba Johanna Dorathea, vandag laat gaan ek die leash my girl, want jy is nou in bekwame sterk hande. Liepies, pas my Chihuahuatjie mooi op asseblief. Sy hou van byt. Dankie dat julle liefde en omgee n konstante voorbeeld vir my is. Mag die jare lank wees en ju lie tyd saam nooit einde kry nie. Nemo, hou aan die man op sy tone hou en Liepies, moet asb. Nooit ophou Nemo irriteer niee.
Dit is skreeu snaaks en sy is eintlik baie lief daarvoor, so se ek, nie sy nie. Korn lig n glas en skink op vriende wat familie geword het. Op Nemo en Liepies.